Today known as Gobabis Gimnasium

Gobabis is die tuiste van die Hoërskool Wennie du Plessis wat tot onafhanklikheid ‘n Afrikaansmediumskool was. Toe die regering bepaal dat Engels leerders se onderrigtaal van gr. 4 af moet vervang, het dié skool noodwendig Engels geword. Afrikaanse ouers het daarom planne in werking gestel vir ‘n privaatskool wat uitgeloop het op die opening van die Gobabis Gimnasium in Januarie 2000 met 67 leerders van gr. 8 tot 11 en ses onderwysers. In Januarie 2002 het 122 leerders aangemeld en op 2 Desember 2004 is die skool geregistreer om onderwys aan te bied van gr. 1 tot 12. Laerskoolonderwys het amptelik in Januarie 2005 begin

Leagues
South Africa 1st XV
Seasons
1979
error: Content is protected !!